Jy bestel dit. Ons lewer dit af.

Die Rooimier Kafeteria berei jou bestellings daagliks voor met groot liefde en sorg, en lewer dit af by jou kind se klas.

Bestellings kan daagliks gemaak word, voor 17:00, vir aflewering die volgende skooldag. 

Bestel nou aanlyn by die Rooimier Kafeteria! Bestellings kan 7 dae 'n week geplaas word - alle bestellings sluit daagliks 17H00 vir aflewering die volgende skooldag, direk by u kind se klas. Kosblikke word bestel volgens spesifieke dae, hetsy per dag, of eenmalig vir die week vooruit.

Hoe werk dit?

Ons maak die frustrasie van kosblik-pak minder! Ons berei daagliks gesonde eetgoed voor vir die Rooimiere, en lewer dit vars by jou kind se registerklas af!

Kies uit 'n verskeidenheid eetgoed, drinkgoed en lekkernye, of bestel 'n gebalanseerde kosblik.

Maklik. Gerieflik. Gesond. 

Die Rooimier Kafeteria maak regtig die lewe makliker! Ek was deel van 'n groep mammas wat die diens getoets het, en was beindruk met die gehalte kos, asook die bekostigbaarheid daarvan! 

Susan Smit
Rooimier Mamma

Meer oor ons

Elri Grobler

Purple Cow Restaurant

Purple Cow Restaurant behartig die bestuur van die Rooimier Kafeteria sedert 2017. Ons hart klop warm saam met Laerskool Rooihuiskraal en met hierdie platform streef ons om selfs meer waarde toe te voeg. Die snoepie lyk dalk nou so bietjie anders, maar bied steeds 'n verskeidenheid vars, gebalanseerde maaltye en die heerlikste lekkernye - nou aanlyn beskikbaar en gerieflik afgelewer in die klas.